
Dries du Plooy Beskermheer
Hoërskool De Aar bied wonderlike geleenthede aan elkeen van ons leerlinge en almal wat hierdie geleenthede aangryp.
Jy kan ook uitstyg by Hoërskool De Aar. Aan Ouers van voornemende leerlinge, Hoërskool De Aar strewe daarna om elke leerling in totaliteit te ontwikkel, sodat hulle ‘n volwaardige plek in vandag se dinamiese samelewing kan volstaan.
U as ouers/voog speel ‘n kardinale rol in hierdie vennootskap tussen skool en ouer. U liefde, aanmoediging en belangstelling in u kind se totale menswees, is onontbeerlik.

Boet Troskie
Ons strewe daarna om deur verskeie kanale, noue kontak met ons ouerkorps te handhaaf. Dit is vir Hoërskool De Aar ‘n voorreg om betrokke te wees by hierdie besondere fase in u kind se ontwikkeling.
Lees gerus al ons artikels oor ons skool, sport en kultuur aktiewiteite en leer meer oor wat ons bied. Ons nooi u om ons te kontak indien u enige navrae het, ons help met graagte.