«

»

Print this Post

ARGUS 2019

Agus 2019 - Elisca

HSDA LEERDER VOLTOOI DIE ARGUS

Elizca Bester het vanjaar aan haar tweede Cape Town Cycle Tour, beter bekend as die Argus, deelgeneem. Die afstand van die Argus is 109km wat afgelê moet word. Maar vanjaar was die op – en afdraende beslis nie maklik met die stormsterk suidooste wind wat met tye 75km per uur gehaal het nie. Elizca en haar pa Hendri het die toer in ʼn tyd van 5:29 voltooi.  Die HSDA leerder is maar net 14 jaar oud en het waarlik haar staal gewys.

Elizca sê sy het dit geniet, maar dit was baie uitputtend.

HSDA is trots op hierdie leerder!

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/argus-2019/