«

»

Print this Post

ATKV Senior Olimpiade

Heelwat leerders van Hoërskool De Aar het die afgelope kwartaal aan die ATKV Senior Afrikaans Olimpiade vir Addisioneletaal- en Huistaalleerders deelgeneem. Al die verskillende genres van Afrikaans word in hierdie drie-uur lange vraestel getoets. Die leerders moet dus oor ‘n wye kennis van veral taal en letterkunde beskik.

Daar het landwyd altesaam 2079 Huistaal leerders en 1747 Addisionele taal leerders aan die Olimpiade deelgeneem. Die leerders het uitmuntend presteer.

Vier van die leerders het ‘n plek onder die top 20 beste presteerders in die Noord-Kaap behaal:

Huistaal- Enchanté du Preez, sesde en Laurika Leeuw, sewende.

Addisionele Taal- Lihandri Saunders behaal ‘n twaalfde plek en Unam Mxaxa sestiende.

Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!

ATKV SENIOR OLIMPIADE

ATKV SENIOR OLIMPIADE: die leerders van HSDA het goed presteer in Huistaal en Addisionele Taal.

Enchanté du Preez-  Huistaal 6de in die NK, Laurika Leeuw – voor – Huistaal 7de in die NK

Agter: Lihandri Saunders – Addisionele taal –  12de in die NK,  Unam Mxaxa – Addisionele taal – 16de in die NK

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/atkv-senior-olimpiade/