Inligting vir Afdeling: Tennis

NK Tennis – Hartenbos

DIE LEERDERS HET DIE AFGELOPE VAKANSIE NOORD-KAAP VERTEENWOORDIG IN HARTENBOS. WEDSTRYDE IS TEEN OP EN SWD GESPEEL.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/nk-tennis-hartenbos/

Driehoekige Tennistoernooi

Marike Steyn, leerder van HSDA het die afgelope naweek vir Noord-Kaap 0.14 in Klerksdorp tydens die Driehoekige tennistoernooi gespeel. Dit sluit in Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap in wat teen mekaar kompeteer. Dubbels, enkels en gemengde wedstryde is gespeel en Marike het baie goed gevaar.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/driehoekige-tennistoernooi/

Tennisspeler Blink Uit

Rowan Greeff het gedurende die langnaweek in Pretoria aan die jaarlikse Inter pro deelgeneem Hy het hom uitmuntend van sy taak gekwyt deur 6 van sy 7 wedstryde te wen. HSDA is trots op hom.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/tennisspeler-blink-uit/

Noord-Kaap Tennis

Die volgende leerlinge is gekies vir die NK Tennisspan wat op 23 en 24  Maart in Stellenbosch  teen WP en die Cavaliers gespeel het. Die kompetisie was sterk, maar ons spelers het hul goed van hul taak gekwyt. Marli Duvenhage, Chané Coetzee Tiaan Brand, Jeandré Rust, Surina le Roux

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/noord-kaap-tennis-2/

Bladsy 3 van 5« Begin...2345