«

»

Print this Post

Gr12s Woon Toneelopvoering By

Op 21 Mei 2018 het 31 van HSDA se huistaalsprekers na Kimberley gereis. Die leerders het die voorreg gehad om twee van hul voorgeskrewe letterkunde genres op die planke te sien. Die André Stolz-produksiespan is tans op reis deur SA om Onderwêreld en Mis op die voorstoep van ons matrikulante te bring.

Die roman, Onderwêreld geskryf deur Fanie Viljoen, is vroegoggend deur hierdie span in Hoërskool Diamantveld opgevoer. Hierdie toneelstuk handel oor Lawson-Kollege, ʼn skool vir superrykes se kinders, met kuberkrakery as hooftema. ʼn Bekende aktrise, Bertha le Roux, speel die rol van die hoofkarakter se ma en word die intriges en uiteindelike slot van die verhaal baie goed deur die toneelgeselskap uitgebeeld.

Die drama, Mis geskryf deur Reza de Wet, is daarna by Hoërskool Diamantveld opgevoer. Hier verras die aantreklike blinde konstabel die gehoor deur sy slinkse plan in werking te stel met bevryding as hooftema.

Die matrikulante het hierdie uitstappie beslis verrykend gevind!

HSDA - Toneel

Groep matrikulante van HSDA at die opvoering Onderwreld en Mis in Kimberley gaan kyk het. Die groep is vergesel deur Mnr. Evelyn Botha en Me. Helna Visagie.

HSDA Toneel

Die Andre Stolz Produksiegroep met Bertha le Roux in Onderwreld.

HSDA Toneel

Die Andre Stolz Produksiegroep wat die gr. 12-drama, Mis opgevoer het.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/gr12s-woon-toneelopvoering-by/