«

»

Print this Post

GWK Karoofees 2020

GROOT VERSKEIDENHEID VIR FEESNAWEEK!

Aangesien dit HSDA se veertiende Karoofees is, pomp onsvanjaar nog groter!

Daar is geen tekort aan vermaak nie. Die GWK Karoofees bied iets vir oud en jonk om te geniet.

Die MALLEMEULE gaan mal-lekker wees terwyl kinders hierdie jaar ook die Bungee Trampolien en Paintball tonnel kan geniet.

Woensdagaand is ons spesiale Absa Gala-aand vir al ons borge bo R1000 plus in die Ondersteunersklub.

Die dames kan beslis nie die glansaand van die Novels Mej. Hoërskool De Aar op Donderdag, 12 Maart 2020, mis nie.

Die treffers van die naweek is die gewilde sangers: DIRK VAN DER WESTHUIZEN,EARLY B, DESMOND WELLS EN CARMAwat slaggereedis om die toon aan te gee.Verskeie ander kunstenaars sal ook optree.

Die reüniegroepe is tans ‘n miernes van bedrywighede, almal besig om mekaar op te spoor en ou bande te smee.Reünies: 10 JAAR-201020 JAAR-2000,  25 JAAR – 1995, 30 JAAR-1990, 35 AAR-1985,  40 JAAR – 1980, 45 JAAR 1975,  50 JAAR – 1970, 1960.

Die BKB Vagkompetisie vindin die Boet Troskie Saal op Vrydag, 13 Maart 2020 plaas.

Die Midas Damesoggend se gasspreker Saterdagoggend is Amore Bekker van RSG. Haar praatjie handel oor Vroue, kos en God. Kinders kan aan die inkleur kompetisie deelneem, terwyl Mamma die tee bywoon.

Die OUGAT FOTO KOMPETISIE sal ook weer Saterdagoggend in die biertent plaasvind met baie goeie geborgde pryse!

Saterdagoggend vind ʼn hele paar bedrywighede plaas:

  1. DE AAR STONE CRUSHERS WESRUN MARATHON-Vir navrae kan u Wessie 0717258521 skakel. Tydens hierdie wedloop kan u kwalifiseer vir die Comrades Marathon.
  2. Ligawedstryde HSDA teenVaalharts. Almal kan uitsien na opwindende netbal-, hokkie- en rugbywedstryde.
  3. Die klein rugby-bulletjies sal ook weer mekaar die stryd aansê met hul aanskoulike bondelrugby.

Vir die wedywerende kompetisie-geesdriftiges is daar oudergewoonte die Madeira Beesloop, De Aar Build-itPotjiekoskompetisie, Polana meubels reuse pampoen kompetisie en Sterkmanvertoning en kompetisie.

Die datum is reg en ons het ons hierdie jaar, ʼn terrein vol stalletjies.ʼn Groot verskeidenheid nuwe stalletjies bied iets vir ieder en elk.

By die Steakete en dans is plek beperk – so bespreek nou u tafel!

Hiérdie en nog vele meer vermaak beloof om die hele gesinbekostigbaar weg te voer na ‘n naweek van onvergeetlike feestelikheid.

Kontak Miné–vir enige navrae 053-6313691

GWK KAROOFEES TOEGANG 2020:

Don:  Kinders/pensioenarisse:  R10 VW R20

Vrydag: Kinders/pensioenarisse:  R40 VW: R110

Saterdag: Kinders/pensioenarisse: R60 VW: R100

Die feeskomitee beloof om, met al die vermaak op die terrein, u toegangsfooie die moeite werd te maak. Sien u 12 tot14 Maart 2020 by die fees wat al meer as ‘n dekade lank POMP!

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/gwk-karoofees-2020/