«

»

Print this Post

GWK Karoofees Senior Burger Dag

GWK KAROOFEES

BEDERF SENIOR BURGERS VAN

SONDER SORGE EN OP DIE KRUIN

Op 18 Mei 2019 het GWK Karoofees ‘n groot bederf vir die inwoners van Sonder Sorge en Op die Kruin aangebied.

Die oggend is afgeskop met vermaak wat verskaf is deur die personeel van Hoërskool De Aar. Die inwoners is vermaak met onder andere sang items en klavierspel. Daar was selfs ‘n poppekas-item wat een en elkeen in die gehoor se lagspiere geprikkel het. Leandro de Carvalho het ook met sy wonderlike sang talent die gehoor aan sy lippe laat hang. Daarna is hamburgers met skyfies as hoofgereg bedien. As nagereg het die inwoners gesmul aan roomys met sjokolade sous.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/gwk-karoofees-senior-burger-dag/