«

»

Print this Post

Hokkie

HSDA HOKKIESEISOEN SKOP OP ʼn Hoë NOOT AF

Die afgelope naweek het twee van HSDA se hokkiespanne aan die AStrotoernooi op Upington deelgeneem. Die spanne het goed gevaar en het gewys waartoe hul in staat is.

Die 0.19A-span het drie wedstryde gespeel. Vrydag het hulle twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Martin Oosthuizen van Kakamas.  Die meisies speel ʼn goeie wedstryd en speel 0-0 gelykop. Die tweede wedstryd was teen Curro Kathu en ons wen die wedstryd oortuigend met ʼn telling van 3-0. Saterdag speel hulle teen hoërskool Upington, dit was ʼn harde wedstryd, maar De Aar gee hul bes. Ons verloor egter die wedstryd5-0.

Die tweedespan het ook Vrydag twee wedstryde gespeel en Saterdag een. Hulle het die Vrydag die toernooi afgeskop teen Hoërskool Upington se tweedespan. De Aar wen die wedstryd 2-1. Die tweede wedstryd was teen Curro Kathu en HSDA trek hom ook deur en wen 2-0. Saterdag speel hulle teen Hoërskool Martin Ooshuizen van Kakamas en wen 3-0.

Die hokkiemeisies het baie gegroei en ons sien uit na die seisoen wat voorlê.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hokkie-3/