«

»

Print this Post

HSDA EXPO

Die Nasionale kompetisie van die Eskom Expo foryoungScientist is gedurende die vakansie in Johannesburg gehou.

Drie van HSDA se leerders het die voorreg gehad om aan die geleentheid deel te neem.

Jaco-Erik van der Merwe het met sy projek “Boereraat vir boorgate” ʼn goue medalje by die Expo in Kimberley verwerf en sodoende na die finale rondte deurgedring. Met die taak waarmee hy boorgate op ʼn goedkoop manier kan skoonmaak, verwerf hy ʼn brons medalje by Nasionaal.

Daniël du Toit en Armand Munz het silwer in Kimberley behaal met hul projek om uit afval organiese produkte energie te genereer vir arm huishoudings. By Nasionaal verwerk hul silwer.

Al drie is dit eens dat dit ʼn groot ervaring was om op so ʼn vlak te kon deelneem en dat die belewenis onder die hoogtepunte van 2018 sal tel.

HSDA - Eskom Expo

ESKOM EXPO FOR YOUNG SCHIENTISTS NASIONAAL:

Armand Munz en Daniël du Toit het by die Nasionale Eskom Expo ʼn silwer medalje verwerf en Jaco-Erik van der Merwe brons.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-expo/