«

»

Print this Post

HSDA NA TUNISIA

Twee van HSDA se leerders, Christie Venter en Johan Duvenhage, het aan I-FEST2(InternationalFestival of EngineeringScience and Technology) in Tunisia deelgeneem. Hierdie twee seuns het uitmuntend presteer en ʼn silwer medalje vir hul werk verower.

Hulle het op 21 Maart 2019 by die Rosa Beach Hotel in Monastir gearriveer.

Die openingseremonie het op 22 Maart 2019 by bogenoemde hotelplaasgevind.

Op 23 Maart 2019 het hulle met hulle projek: Olie kan die Karoo red (Waar kookolie op oop sink en sementdamme gegooi word om die veewater te beskerm teen verdamping) deelgeneem.

Daar was altesaam 35lande en 300 projekte wat gekompeteer het.

Van 24 tot 25 Maart het hulle meer van die pragtige land en sy mense geleer. Hulle het die Colosseum in El Jem en ʼn paar van die dorpe Tunis, Kairaouen en Sidi Bou Said besoek.

Op 26 Maart was die groot oomblik waar die projek ʼn silwer medalje by die prysuitdeling verwerf het. ʼn Uitstekende prestasie op so ʼn hoë vlak!!

Van 26 tot 29 Maart 2019het hul ʼn vinnige toer na die Sahara woestyn onderneem. Op 30 Maart keer hul weer terug na Suid-Afrika.

Groot dank aan IMBEWU wat dit moontlik gemaak het en ook vir hul reëlings. Dankieook aan Me. Jeanie Koen vir haar insette en motivering in die projek.

HSDA is baie trots op hierdie twee leerders se merkwaardige prestasie met hul silwer medaljes wat hul verwerf het!

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-na-tunisia/