«

»

Print this Post

HSDA Netbal

Op 22 Junie neem drie van ons netbalspanne deel aan die Noord-Kaap Top –skoleuitspele in Upington waar hulle in die Ubuntu afdeling deelneem.

Die 0.14 – span dring deur na die semi-finale waar hulle teen HS Namakwaland te staan kom. Hier tree hulle as oorwinnaars uit die strydom die finaal te haal. Hul verloor ongelukkig teen Augrabies Intermediêre skool.

Die 0.17-span wen een van hul drie wedstryde.

Ons eerste span en hul poel wedstryde. In die semi-finaal speel hul teen HS Kakamas en wen gemaklik. In die finaal teen Wildeklawer neemhul vroeg al die voortou en moet uithaal om die voorsprong te behou. Met uitstekende verdediging maak hul seker dat hul as die beste span uit die stryd tree met die finale telling op 22-16.

Hul ding hiermee deur na die Nasionale uitspele in Boksburg op 20-22 Julie.

HSDA Netbal 22 Jul Boksburg

CHERHONDA LAKAY, BRONWYN LOUW, WAYDENE EAST, ENCHANT DU PREEZ,

SIHLE AFRIKA, GLENODENE MAKALENI, LUTHO ALBANI, SIMANYE HILA

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-netbal-2/