«

»

Print this Post

HSDA Netbal

Op Woensdag 15 Mei speel vier van ons spanne by die Wennersdag van Pixley ka Seme.

Die O/14 A-span speel vier wedstryde. Hul slag daarin om al vier wedstryde oortuigend te wen. Teen HS Douglas is dit ‘n kop-aan-kop stryd, maar die spelers se uithou vermoë en doel gerigte spel sorg dat hulle die knoop deur haal.

Karla Dumas, Nicole Eiman, leigh-ché Swarts, Laurentia Oliphant

Zani Mbalula, Elisca Bester, Violet  Leigh Haubi, Iminathi Cube

 

Die o/15 A-span se eerste wedstryd is teen HS Douglas. Hul speel uitmuntend en speel gelyk op wat baie goed is omdat hulle twee weke terug teen die selfde span verloor het. Hul wen al drie hul volgende wedstryde oortuigend. Hul wen ook vir HS Hopetown waar teen hulle ook vroeër in die seisoen verloor het.

‘n Goeie aanduiding van die span se toegewydheid en inspanning om te oefen gedurende die seisoen.

Courtney van Syfer, Lopelo Mkosana, Shanique Williams,

Corbin Ludick, Anja Kleynhans, Noluvo Tybosch, Sandiswa Mnqwazi,

Nikisha Metcalfe

 

Die O/17 A-span wen albei hul wedstryde gemaklik.

Anga Mphale, Mary-Ann Tokwana, Siphozuko Williams, Nevelleigh West,

Jeané Erasmus, Vuyo Zide, Phila Booi

 

Die O/19A-span word deur beserings geknie halter, hul wen een verloor een en speel een wedstryd gelykop.

Bronwyn Louw, Waydean East, Enchanté du Preez, Stephnie Douw,

Lee-Gré Horn, Lutho Albanie, Cherhonda Lakay

 

Al vier spanne kwalifiseer om aan die provinsiale finale in Upington op 12-13 Junie te gaan deelneem.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-netbal-5/