«

»

Print this Post

HSDA Netbal

Kay Motsepe 0.15 Nasionale Netbal Toernooi

HSDA se 0.15-netbalspan het die jaar baie goed gevaar. Hulle het in Junie aan die Noord-Kaap finale in Upington deelgeneem en tweede geëindig. Hiermee het hul gekwalifiseer vir die Nasionale toernooi wat deur die Kay Motsepe Foundation geborg word.

Op 23 en 24 Augustus het die span in Magaliesburg gaan speel. Dit was baie strawwe kompetisie teen die beste spanne uit al die provinsies. Altesaam 36 spanne het in die toernooi deelgeneem.

HSDA se span speel nege wedstryde, onder andere teen Hoërskool Bloemhof en Pearson. Alhoewel hul goeie netbal speel, sukkel hulle teen die spanne – veral teen veel langer opponente. Hul eindig saam met twee ander spanne derde in hul afdeling, maaras gevolg van doelgemiddelde eindig hulle vyfde.

Kay Motsepe O15 Nasionale Netbal Toernooi

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-netbal-7/