«

»

Print this Post

HSDA Netbal Afrigterskursus

Vyf van ons netbalafrigters was gedurende die naweek van 13 Oktober op Upington vir ‘n netbalafrigterskursus. Dit is deur Dorette Badenhorst, tans die Proteas se Fast 5 afrigter aangebied. Die kursus het gekonsentreer op oefeninge en tegnieke om in die voor seisoen te doen, sodat spelers reeds spesifieke vaardighede aangeleer word, voordat die speelseisoen aanbreek. Spelers se spiere word so doende ook sterk gemaak, sodat beserings beperk kan word.

Almal van ons het baie geleer en is sommer klaar entoesiasties vir die 2019 seisoen.

HSDA Netbal Afrigters

Vyf van ons netbalafrigters was gedurende die naweek van 13 Oktober op Upington vir ‘n netbalafrigterskursus.

Nadia Nel, Dorette Badenhorst ( tans die Proteas se Fast 5 afrigter), Jeanie Koen, Johandrie Kühn,

Nadine Kruger en Wilma van der Walt.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-netbal-afrigterskursus/