«

»

Print this Post

HSDA Skiet

HSDA GWK SkutsPhillip neem op Saterdag 6 April 2019 deel aan die Skotse Swaard wedstryd wat gevolg word deur drie klubspan wedstryde op 6, 8 en 9 April 2019 waar hy Noord-Kaap Bisley verteenwoordig. Hy neem ook op individuele basis deel aan die SA Ope Bisley Kampioenskappe wat op 8 April 2019 gebring het. Met deurlopende evaluasie tydens die kompetisie naamlik die Staatspresident eerste en tweede stadium kwalifiseer hy om in die finale derde stadium te skiet waar daar ‘n afsny punt was en slegs die top 57 skuts gekies is om deel te neem.

Op Vrydag 12 April 2019 neem hulle aan die interprovinsiale wedstryd en verteenwoordig Griekwaland-Wes in die betrokke kompetisie saam met senior skuts.

Daniël en Phillip word gekies as lid van die Junior Protea span wat op Woensdag 10 April 2019 ‘n Internasionale toets teen die span van Brittanje skiet en hulle wen die betrokke toets. Op Saterdag 13 April 2019 skiet hulle weer ‘n toets teen die Britte, maar verloor hierdie keer.

Beide skuts verteenwoordig hul provinsie en land tydens die byeenkoms wat bekend staan as die 83ste SA Ope Bisley Kampioenskappe en verwerf beide provinsiale en nasionale kleure vir skiet.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/hsda-skiet/