«

»

Print this Post

Kleure Atletiek

Ons jaarlikse Kleure atletiek het 23 en 24 Oktober plaasgevind. Woensdagmiddag het afgeskop met ʼn paar veld items en daarna het die 100meters gevolg. Die onderwysers het die atlete aangevat in die aflosse en natuurlik gewen. Donderdag oggend het die rasieleiers ons almal vermaak met kreatiewe optogte. Die blou span was visvangers van formaat en die groenspan was kranige jagters. Die dag was ‘ n groot sukses! Baie geluk aan die groenspan wat gewen het.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/kleure-atletiek/