«

»

Print this Post

Krieket

HSDA se eerste krieketspan het Saterdag, 20 Oktober 2018 teen Hoërskool Prieska en Hoërskool Veritas in De Aar gespeel. HSDA het eerste gekolf en ʼn totaal van 92 lopies teen die besoekers aangeteken. Die wind het dit nie baie aangenaam vir die boulers gemaak nie en HSDA se boulers het hard geveg om Hoërskool Prieska te verhoed om lopies te kry. Ongelukkig kon HSDA nie daarin slaag om te wen nie en Hoërskool Prieska wen die wedstryd met drie paaltjies. In HSDA se tweede wedstryd teen Hoërskool Veritas het HSDA eerste veldwerk gedoen. Die boulers het gesukkel in die wind en baie ekstras afgestaan, wat H/skool Veritas se lopietotaal tot op 121 gebring het. HSDA se kolwers het hard geveg om die lopies te kry. Otto Wilson in sy beurt 60 lopies aangeteken, wat HSDA na ʼn oorwinning van een paaltjie neem. Ons is baie trots op ons seuns.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/krieket/