↑ Keer terug na Meer oor HSDA

Print this Page

Hoërskool De Aar Missie en Visie

Missie

…om kwaliteit onderwys en opvoeding aan elke leerder te verskaf sodat elkeen se Godgegewe potensiaal optimaal ontwikkel kan word.

Missie- suksesfaktore:

a. Om die skool se akademie te verbeter deur:

  • 100% slaagsyfer in gr. 12
  • 90% slaagsyfer vir die res van die skool
  • die ontwikkeling van die potensiaal van elke leerder
  • te presteer in olimpiadesOm die skool se sport te verbeter deur:

b. in die volgende spansporte die Liga/PUK-liga te wen

  • Rugby
  • Netbal
  • Hokkie
  • Krieket
  • Tennis
  • Ondersteuning en erkenning aan enige ander sportsoort te gee

c. Om die skool se kultuur te verbeter deur:

Om aan die volgende drama-kompetisies deel te neem:

  • Reza de Wet
  • ATKV
  • Logan

Om met die koor aan kompetisies soos die Tirisano-kompetisie deel te neem en die tweede rondte te bereik.

Om aan die ATKV redenaarskompetisie deel te neem, 2 senior en 2 juniorredenaars moet die tweede rondte haal.

Om 60% van leerders as aktiewe lede van die CSV te hê.

d. Om die skool se infrastruktuur te verbeter deur:

  • Beskermende en aantreklike omheining
  • Nuwe advertensie- en reklamebord by skool
  • Tellingbord by sportvelde
  • Sportgronde met pawiljoen
  • Afdakke vir motors vir onderwysers wat vir feesstalletjies gebruik kan word
  • Banke – herstel
  • Boorgat met sterk water
  • Beter rekenaarfasiliteite vir personeel.

e. Om ons kommunikasie met ouers en oudskoliere te verbeter:

  • Skooltrots by leerlinge te kweek
  • Betrokkenheid van vermoënde oudskoliere
  • Sterker tradisies by leerders te vestig
  • Wyer bemarking in die streek doen.

Visie

…om die algemene beeld van ons skool te verbeter deur middel van akademiese, sport- en kultuurprestasies, asook die sigbare verandering in ons infrastruktuur en ons kommunikasie met ouers en oud-skoliere, sodat ons die top plattelandse skool in die Noord-Kaap sal wees.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/meer-oor-hsda/hoerskool-de-aar-missie/