↑ Keer terug na Meer oor HSDA

Print this Page

Trompet

Hoërskool De Aar spog met ‘n skoolkoerant soos min. Die redaksie, bestaande uit Gr.8 tot 11-leerders, woeker behoorlik met hul joernalistieke talent. Reklame word gelewer oor alle sport en kulturele aktiwiteite in die skool asook op ander gebiede waar ons leerlinge presteer. Daar word nie weggeskram van aktuele onderwerpe wat ons skool en jeug raak nie.

Die Trompet beoog om aan almal se voorkeure te voldoen deur ook leesstof te plaas wat die siel en lagspiere aanspreek. Inspirerende boodskappe en berigte is vir die redaksie belangrik, sodoende word elke HSDA-leerder gemotiveer. Daar word ook lekker draak gesteek met die onnies en hul gewoontes.

Alle artikels en berigte getuig van hoë gehalte en is goeie leesstof. Die Trompet verskyn twee keer ‘n jaar. Die voor- en agterblad word in kleur gedruk, asook die fotoblad in die middel. Die res word op glanspapier gedruk..

Die koerant bied die geleentheid aan ondernemings om hul produk en/of dienste te adverteer wat weer help om die Trompet aan die gang te hou.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/meer-oor-hsda/trompet/