»

Print this Post

Melodrama 2013

HSDA bied vanjaar vir die derde keer ’n melodrama aan. Dit is egter nie die kinders wat in aksie te sien sal wees nie, maar die personeel. Hierdie aand van lawwe vermaak word aangebied in samewerking met J.P.S De Aar en ABSA Bank se personeel wat ook sal deelneem.

HSDA wil graag hierdie tradisie vestig, sodat die melodrama jaarliks ’n groot gebeurtenis op die skoolkalender sal word. Rooikappie kom vanjaar aan die beurt.

Vanjaar word die melodrama slegs een aand vertoon, op 12 September 2013. Kaartjies kos R25 vir volwassenes en R15 vir kinders. Die vertoning begin om 19:00 en vind in die HSDA skoolsaal plaas.

Enige navrae kan gerig word aan Me. Miné Olivier by 053 631 3691. Kaartjies is vooraf beskikbaar, maar geen plekke word bespreek nie.

Kom geniet die aand saam met ons!

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/melodrama-2013/