«

»

Print this Post

Nuwe Onderwyser

HSDA heet almal hartlik welkom en sien uit om die kwartaal met ywer aan te pak.

Nuwe onderwyser by HSDA:

Hoërskool De Aar Nuwe Onderwysers

Leandri Potgieter is nuut aangestel by HSDA en vanaf Vanderbijlpark. Sy het haar studies NWU Vaal Pukke voltooi. Sy sal vir Graad 8-10 Biologie, NW en LO aanbied;

Nadia Nel het haar B.Ed intermedir en senior graad geslaag en is nou ‘n volwaardige onderwyser. Sy bied SW vir graad 8 en 9 en Toerisme vir graad 10-12 aan.

Amor Barnard was die A-kandidaat van HSDA 2017 se senior eksamen en sy begin vanjaar as studente onderwyser by HSDA.

Me. Poppie van der Walt los af in Me. Kalinka Botha (wat met kraamverlof is) se plek. Sy sal Afrikaans en Geskiedenis vir die leerders aanbied.

Hoërskool De Aar het 3 proef onderwyseresse:

Hoërskool De Aar Nuwe Proef Onderwysers

Jean-Mar Kock (Biologie en LO), Marushca Williams – oud-skolier (Engels en Afrikaans) en Lolana Menne oud-skolier (Wiskunde)

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/nuwe-onderwyser/