«

»

Print this Post

O/15 Rugby – Kimberley

HSDA se O/15 rugbyspan het ook Woensdag in Kimberley teen Hoërskool Hartswater, in die mediumskole liga finaal gespeel. Dit was soos enige finaal, maar ʼn taai stryd en HSDA het vroeg in die wedstryd die eerste drie gedruk.

Hartswater het teruggeveg en het met rustyd 15-12 voorgeloop. HSDA het met goeie hardloop rugby die tweede helfte begin en gewys dat hulle die wedstryd wou wen. Dit was ʼn naelbytstryd en die eindfluitjie het ‘n meter van HSDA se doellyn geblaas met die telling 26-22 in HSDA se guns.

Ons is baie trots op hierdie seuns wat 2018 se liga wenners is!

HSDA - O/15 Rugby

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/o15-rugby-kimberley/