«

»

Print this Post

O/19 Krieket

HSDA se eerste krieketspan het Saterdag, 13 Oktober, in Hopetown teen Hoërskool Hopetown en Hoërskool Steynville gespeel.

In die eerste wedstryd het Hoërskool Hopetown gekolf en ‘n total van 121 lopies aangeteken. HSDA het hulle 20 beurte voluit gekolf, maar kon ongelukkig nie Hopetown se lopies verby steek nie.

Die tweede wedstryd teen Hoërskool Steynville het beter gegaan. HSDA het met goeie veld- en boulwerk die span uitgeboul vir 88 lopies. HSDA se kolfwerk was baie goed. Daniël du Toit en Christiaan Kolesky het ‘n 69 lopie vennootskap aangeteken om die span ‘n oorwinning van nege paaltjies teenoor Hoërskool Steynville te verseker. Ons is baie trots op die seuns.

HSDA - O/19 Krieket

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/o19-krieket/