«

»

Print this Post

Rugby

HSDA EERSTE RUGBYSPAN

Saterdag, 22 Februarie het HSDA se eerste rugbyspan aan die Prieska sportdag deelgeneem. Die span het reeds vroeg in Januarie begin oefen en baie uitgesien na die begin van die rugbyseisoen. Op die Prieska sportdag speel spanne korter wedstryde van 15 minute aan ʼn kant, wat dit moontlik maak vir elke span om twee wedstryde te speel.

HSDA se eerste wedstryd was teen Hoërskool Gariep van Prieska. Gariep gee elke jaar hulle beste teen HSDA en het behoorlik die HSDA verdediging getoets, aan die begin van die wedstryd.

HSDA het egter hulle man gestaan en die vloer van die wedstryd verander. HSDA se eerste drie is deurflank Elroy Cloete gedruk en hul tweede drie deur vleuel AbdurManeveldt. HSDA wen die wedstryd 10 -0.

HSDA se tweede wedstryd was teen Hoërskool Groblershoop. Alhoewel daar baie foute was het HSDA die lynstane en skrums beheer en was heeltemal te sterk vir Groblershoop. HSDA wen die wedstryd 24-0 en speel veral die laaste 10 minute baie mooi rugby.

Die span sien uit na die res van die seisoen en ons verwag groot dinge van hulle.

O/17 RUGBY TEEN PRIESKA

Die 0.17 rugbyspan van HSDA het ook aan die twee mini-wedstryde in Prieska deelgeneem. Daar was twee opwarmingswedstrydeteen Hoërskool Gariep en Hoërskool Prieska.

Die spelers het baie entoesiasties gelyk oor die seisoen wat uiteindelik begin, maar het in die eerste wedstryd teen Gariepen Hoërskool Prieska.

Dit het hulle nie gekeer om Gariep gemaklik te wen met 19-0. Die wedstryd teen Prieska was ʼn bietjie meer fisiek en die manne van HSDA moes bietjie meer staal wys met die verdediging, maar het daarin geslaag om die wedstryd met 12-0 te wen. Die seisoen het nou eer begin, maar dinge lyk belowend en die ondersteuning van ouers alreeds baie goed.

Drieë is gedruk deur LukhanyisoNgxabasi, Tiaan Brand, Frans van Zyl en Milly-van Samson.

Thabo Badu het 3 uit 5 doelskoppe oorgeskop.

Dankie aan een en elk wat die pad aangevat het Prieska toe om jul kinders so mooi te ondersteun. Dit word hartlik waardeer. Ons hoop om meer van julle te sien Vrydag 28 Februarie tuis teen H/skool Colesberg.

O/15 A RUGBY

HSDA se 0.15 rugbyspan het Saterdag , 22 Februarie aan Hoërskool Prieska se sportdag deelgeneem. HSDA het in hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Gariep gespeel. Die seuns het vir hulle eerste wedstryd saam, baie goed gedoen.

Goeie verspreiding en samespel deur die span, het gesorg dat HSDA Gariep klop met 22-12. Die 2de wedstryd van die dag was ʼn verkorte wedstryd met gemengde spanne en het ongelukkig met 7 punte verloor, teen Hoërskool Prieska. Ons is baie trots op die spelers wat hulle beste gegee het en deurlopend goeie dissipline getoon het.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/rugby-2/