«

»

Print this Post

Rugby O/19

HSDA se eerstespan het op 13 Julie teen Hoërskool Vaalharts op Jan Kempdorp rugby gespeel.

Dit was van meet af ʼn harde en fisieke wedstryd. Die seuns het na ʼn lang vakansie gesukkel om mekaar te vind en het halftyd 12-7 voorgeloop.

HSDA het die tweede helfte van die wedstryd met goeie aanvallende rugby begin. H/skool Vaalharts se wal van verdediging het gebreek en HSDA het die telbord laat klim. HSDA wen die wedstryd 45-14.

Puntemakers:

NasiphiYekani

Sikhulise Jacobs x 2

Giovanni Makaleni

Mauritz Erasmus

Christie Venter

Clint Isaacs

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/rugby-o19/