«

»

Print this Post

Rugby toer na Jeffereysbaai

Rugby Toer na JeffereysbaaiHSDA eerste span rugby toer na Jeffereysbaai.

Vanaf 14 tot 18 Maart het Hoërskool De Aar se eerstespan rugby aan die “Grow Rugby“ toernooi in Jeffereysbaai gaan deelneem.

Die spelers was baie en toesiasties en het baie uitgesien om bietjie tyd langs die see te spandeer. Met die hoof doel om rugby te speel, natuurlik!

HSDA het drie wedstryde op die toernooi gespeel en het ongelukkig slegs een van die drie wedstryde gewen.

Die span het met tye goeie spel ten toon gestel. Hulle het tydens die toer baie van mekaar geleer en ook baie van hulself.

Die toer was baie vrugte vol en het baie gehelp om die struktuur en dinamika binne die span te vorm.

Aan die einde van die toernooi was Bernard Venter, Mouritz Erasmus en Christie Venter gekies vir die “Grow 23” span wat in Julie teen oorse se skole gaan meeding.

Dankie aan al die ouers wat ons kom ondersteun het tydens die toer as ook die gene wat dit kon moontlik maak.

 

 

 

Bernard Venter, Mouritz Erasmus en Christie Venter

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/rugby-toer-na-jeffereysbaai/