«

»

Print this Post

Rugby

GOEIE WEEK VIR DIE EERSTE RUGBYSPAN VAN HSDA!

Op 17 Julie het HSDA se eerste rugbyspan ʼn draai gaan maak in Middelburg om teen Hoërskool Middelburg kragte te meet. Die wedstryd was redelik hard, maar die jongspan van HSDA het goed teruggeveg om ʼn halftydtelling van 13-5 in Middelburg se guns te draai en die wedstryd 27-36 te wen.

Drieë- Mouritz Erasmus 1, Bernard Venter 1, Otto Wilson 1, Enrique Bezuidenhout 2, Giovanni Makaleni 1.

Doelskoppe – Mouritz Erasmus 3

Op ʼn yskoue Saterdag het die ondersteuners van HSDA nie gestuit om die sportgronde te betree nie en was dit nou ʼn goeie naweek. Met die 0.15- en 0.17- rugbyspanne wat reeds Hoërskool Hartswater laat les opsê het voor die eerste span wedstryd, was die druk hoog en die eerste rugbyspan moes hard veg vir die wen. Die eerste helfte was ʼn kop-aan-kop stryd met beide spanne wat hard gewerk het om nie punte af te staan nie deur uitstekende verdediging. Die halftyd telling was 5-6. Aan die begin van die tweede helfte het die spelers van HSDA goeie druk op Hartswater toeepas en die damwal het gebreek. Met ʼn eindtelling van 19-6 in die guns van HSDA lê hul nou bo-aan hul afdeling met een wedstryd oor voor die semi-finale. So, kom ondersteun gerus die span op Saterdag 27 Julie waar hul teen Kimberley Boys High speel.

Drieë: Mouritz Erasmus 1, Bernard Venter 1, Giovanni Makleni 1

Doelskoppe: Mouritz Erasmus 2

HSDA 0/16 RUGBY

Op Woensdag 17 Julie het HSDA se onder 16 rugbyspan teen Hoërskool Middelburg op Middelburg gespeel. HSDA het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom, maar was teen rustyd 7-5 voor. Tydens die tweede helfte speel HSDA teen die wind en Middelburg gebruik hul geleenthede behoorlik. HSDA verloor die wedstryd 15-12.

HSDA 0/17 RUGBY

Saterdag 20 Julie het HSDA se onder 17 rugbyspan teen Hoërskool Hartswater in ʼn ligawedstryd meegeding. Hartswater teken eerste punte aan met ʼn strafdoel en neem vroeg in die wedstryd die voortou met 3-0. HSDSA veg egter goed terug en die rustydtelling is 12-3 in HSDA se guns.

Tydens die tweede helfte het Hartswater geen antwoord op HSDA se aggressiewe verdediging en puik samespel gehad nie. HSDA speel van hul beste rugby die jaar. HSDA wen die wedstryd oortuigend met ʼn telling van 31-8.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/rugby/