«

»

Print this Post

SA JKA Nasionale Kampioenskappe 2018

HSDA KARATEKAS VAAR UITSTEKEND TYDENS SA JKA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2018 IN JOHANNESBURG.

Vrydag, 25 Mei 2018 het Heinrich Munz en Ashré de Vos aan hul verskeie karate items deelgeneem. Heinrich het in die Novice Pers onder 14 Kata en Kumite deelgeneem, waar hy ʼn silwer vir sy Kata en goud vir sy Kumite gekry het. Ashré het in die Novice Oranje onder 15 deelgeneem, waar hy silwer vir sy Kumite en goud vir sy kata gekry het.

Op Saterdag, 26 Mei het Armand Munz in die Elite groet wat bruin en swart belde insluit, deelgeneem. Kompetisie was baie straf, maar Armand het hom baie goed van sy taak gekwyt. Hy kon nie daarin slaag om ʼn medalje te verower nie, maar het uitstekende ondervinding opgedoen.

Hoerskool De Aar - SA JKA KARATE 2018

Armand Munz, Ashr de Vos en Heinrich Munz het die afgelope naweek in Johannesburg aan die SA JKA Nasionale Kampioenskappe deelgeneem.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/sa-jka-nasionale-kampioenskappe-2018/