«

»

Print this Post

Tennistoer – Hartenbos

HSDA se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die jaarlikse JSR Sport Tennistoernooi wat tussen 1 Oktober en 3 Oktober in Mosselbaai en Hartenbos plaasgevind het, deelgeneem.

Daar is goeie tennis oor die drie dae gespeel teen skole soos Hoërskool Mosselbaai, Outeniqua, Hoërskool Klerksdorp, Curro Privaatskool en talle ander skole. Ten spyte van die reën wat lekker geval het kon HSDA se spelers nog steeds uitstaande tennis speel en het elke speler dit baie geniet.

Die uitslae is as volg: HSDA se Senior Dogters A-span eindig algeheel tweede in die toernooi en die Senior Dogters B-span eindig algeheel derde. Die Senior Seuns A-span moes die knie voor hul opponente buig en eindig algeheel vierde en die Senior Seuns B-span eindig algeheel vyfde.

HSDA - Hartenbos Tennistoer

TENNIS DOGTERS B-SPAN  Amey Duvenhage, Anlie Human, Marieke Steyn, Corbin Ludick

TENNIS DOGTERS A-SPAN Clodelle Menne, Surina le Roux, Chané en Vicky Coetzee

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/tennistoer-hartenbos/