«

»

Print this Post

Tieners en Sosiale Netwerke

Tieners en Sosiale Media Netwerke

Effek wat Sosiale Netwerke op tieners het

Wat is ‘n  sosiale  netwerk:

‘n Sosiale netwerk is ‘n platform vir sosiale  verhoudings tussen mense wat dieslefde belange, aktiwiteite en agtergronde het.  Die mense kan vriende van jou wees of individue wat jy aanlyn ontmoet het.  Sosiale netwerke is web gebaseerde dienste wat toelaat dat individue ‘n openbare  profiel skep, ‘n lys van vriende het met wie hulle ‘n verband het en met hulle  kan kommmunikeer.  Facebook, Google+, YouTube, LinkedIn, Instagram, Pinterest, Tumblr en Twitter is voorbeelde van die mees gebruikte sosiale netwerke wereldwyd.

Tieners op sosiale netwerke:

  • 25%  van tieners gaan meer as 10 keer ‘n dag op sosiale netwerke.
  • 88%  van tieners voel dat sosiale netwerke hulle help om met vriende in aanraking te bly en te kommunikeer.
  • 73%  tieners is op sosiale netwerke.
  • 37%  tieners stuur boodskappe na vriende elke dag.

Negatiewe effekte op tieners wat sosiale netwerke gebruik:

  • Tieners word die slagoffers van kuberboelies.
  • Tieners is nie produktief genoeg gedurende die dag nie. Meeste van hul  tyd word op  sosiale netwerke spandeer, wat laer punte in akademie tot gevolg  het.
  • Tieners  kommunikeer baie minder met vriende van aangesig tot aangesig, omdat  hulle  liewer met  die vriende aanlyn sal kommunikeer.
  • Tieners leer nie hoe om te kommunikeer in die regte wereld nie.
  • Tieners leer nie hoe om  lyftaal  te gebruik en hul stemtoon te varieer om by  hul eie gevoelens asook hul geselskap se gevoelens te pas nie.
  • Tieners sukkel om te konsentreer terwyl hulle leer, omdat hulle die heeltyd besig is op die sosiale netwerk.
  • Tieners kan aggresief en geirriteerd optree as hulle te lank op ‘n  sosiale netwerke is.
  • Tieners se opstelle , woordeskat en sinkonstruksie verswak. Daar is  geen taal of  spelling reels op sosiale netwerke nie.
  • Tieners wat meer emosioneel en sensitief is sal  makliker ongelukkig en  hartseer voel of  hul self seermaak as ‘n beledigende boodskap vir hulle  gestuur  word.
  • Gee tieners te veel selfvertroue. Tieners kan baie makliker iets lelik  se aanlyn  omdat hulle nie van aangesig tot aangesig kommunikeer nie en so  verhoudings  verbreek.
  • Tieners sukkel om te dink, leer of navorsing te doen omdat alle  inligting altyd voor  hulle is op die sosiale netwerk, tieners hoef nooit vir informasie te soek nie.
  • Tieners se geestelike en fisiese toestand lei onder sosiale netwerke.
  • Tieners bly vir  langer ure wakker om op sosiale netwerke te kommunikeer en  eet nie ordentlik  nie omdat daar nie tyd is tussen die sosiale netwerke en  slaap  nie.
  • Tieners kan persoonlike inligting deurgee aan individue wat die ingligting tot die tiener se nadeel gebruik.
  • Tieners word “vriende” met individue wat valse profiele geskep het. Tiener praat dus regtig met iemand heeltemal anders as wat die prentjie se.

Positiewe effekte op tieners wat sosiale netwerke gebruik:

  • Tieners maak meer vriende met behulp van sosiale netwerke.
  • Sosiale Netwerke bied ‘n plek waar tieners kan dink en se hoe hulle voel  sonder om raas te kry of afkeuring te ontvang.
  • Tieners kan aan groepe op sosiale netwerke behoort en makliker oor  dinge praat wat hulle nooit direk vir iemand sou vertel het  nie.
  • Maak kommunikasie vinniger. Tieners kan nou enige tyd van die dag op  enige plek vir ‘n vriend of vriendin iets se of vertel.
  • Sosiale Netwerke voed tieners op. Vriende kan vir tieners aanlyn vertel van hul kultuur, taal, geloof en die nuutste tegnolgie. Tieners wat  nooit hierdie dinge op hul eie sou gaan opsoek het nie se algemene kennis is verbreed.
  • Sosiale netwerke veroorsaak dat tieners in aanraking kom met vriende  aan die ander kant van die wereld met ‘n ander taal, kultuur, geloof ens.  Tieners het dan dikwels meer begrip vir sosiale en ekonomiese omstandighede  wat kultuur groepe  behels.
  • Verbeter  ‘n tiener se selfvertroue. Goeie opbouende boodskappe laat ‘n  tiener voel asof  hulle iets vir iemand beteken en verbeter hul selfvertroue  en die manier waarna  die tiener na hom/haarself kyk.
  • Skaam teruggetrokke tieners of gestremde tieners het ‘n kans om  vriende te maak op sosiale netwerke wat dieselfde as hulle is en hulle verstaan.
  • Versterk en verbeter kommunikasie tussen tieners en hul familie wat  ver weg  bly.
  • Versprei  belangrike inligting vinniger as enige ander bron.

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/tieners-en-sosiale-netwerke/