«

»

Print this Post

Top 20 Atletiekbyeenkoms

Die afgelope naweek van 19 Februarie het 13 van ons skool se atlete aan die jaarlikse Top 20-Atletiekbyeenkoms in Hartswater gaan deelneem. Daar was 29 top skole wat deelgeneem het. Alhoewel die kompetisie baie sterk was, het ons atlete nog steeds gaan wys wat in hulle steek. Geluk aan een en elke atleet met hulle puik prestasie!

Die volgende atlete ontvang medaljes tydens Hartswater Top 20 Atletiekbyeenkoms:
Hoërskool De Aar - Hartswater Top 20 AtletiekMari Pretorius – Goud hoogspring,
Ané Fourie – Goud spiesgooi,
Duane Jonker – Brons gewigstoot,
Bianca Geyser – Silwer hoogspring en Goud driesprong,
Neljé Geyser – Goud spiesgooi

Permanent link to this article: http://www.hsda.co.za/site/top-20-atletiekbyeenkoms/