2019 Eskom Ekspo/Expo





HSDA VAAR GOED BY ESKOM EKSPO

Op Vrydag 9 Augustus vertrek ons leerders na Kimberley om hul projekte te gaan uitstal. Ons het 17 projekte ingeskryf wat gekompeteer het met ongeveer 200 projekte van ʼn verskeidenheid skole in die Noord-Kaap. Die beoordelaars het reeds Vrydagaand met die beoordeling begin.

Saterdagoggend het die kinders by hul projekte aangemeld om onderhoude te voer met verskeie beoordelaars wat hul oor hul projekte ondervra het. Na ʼn lang, spanningsvolle oggend kon ons darem 14:00 die middag aantree vir die prysuitdeling.

HSDA wen 10 bronsmedaljes!

Baie geluk aan Ize-Mari Ebden, Ethan Afrika, McKaylin Viljoen, Megan Gadney, Clodelle Menne, Wian Bouwer en Dieter Wilson, Montelle Booysen, André Theron en Jaco-Erik van der Merwe, Courtney van Syfer en Pamela Nxala.

Clodelle Menne word ook gekies om die streek by die Nasionale kompetisie te gaan verteenwoordig. Sy het ʼn blaaspomp ontwikkel wat water beskikbaar kan stel vir vee indien die bestaande pompe stukkend is of nie kan werk nie. Dit is ook ʼn baie goedkoper manier as om sonpompe of windpompe te gebruik.



HSDA Medaljewenners by Eskom Ekspo:

Voor: Megan Gadney, Clodelle Menne, Ize-Mari Ebden, Courtney van Syfer, McKaylin Viljoen, Pamela Nxala Ethan Afrika,

Agter: Dieter Wilson, Wian Bouwer, André Theron, Jaco-Erik van der Merwe, Montelle Booysen