2021 Eskom Ekspo/Expo





EKSPO VIR JONG WETENSKAPLIKES

Drie van Hoërskool De Aar se leerders het aan die Eskom se Ekspo vir die Noord-Kaap deelgeneem. Dit was ‘n uitdaging om aan die kompetisie in sy virtuele formaat deel te neem.

Courtney van Syfer het die effek van direkte sonlig op water en grond ondersoek. Jaco-Erik van der Merwe het bakstene van verskillende mengsels gemaak en het bevind dat sy mengsel van sement en plastiek sterkter bakstene oplewer. McKaylin Viljoen het gekyk na die effek van maskers op die persoon wat dit dra se hartklop, bloeddruk en suurstofvlakke in die bloed.

Baie geluk aan Courtney van Syfer en Jaco-Erik van der Merwe wat albei brons medaljes verower het. Courtney is ook uitgenooi om aan die internasionale Ekspo in Oktober deel te neem.



NASIONALE ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS



Courtney van Syfer wat aan die virtuele Nasionale Eskom Expo for young Scientists deelgeneem het en ʼn brons medalje verower het.