The Little Shop of Horror





‘n Riller speel af by Hoërskool De Aar

The Little Shop of Horror – The Musical

Met ‘n jong klomp talentvolle akteurs, en ‘n hardwerkende tegniesiespan onder leiding van Evelyn Botha as reggiseur en Janel Coetzee as choreograaf en stemafrigter, beloof hierdie musiekblyspel om ‘n reuse sukses te wees.

Little Shop of Horrors is a horror comedy rock musical with music by Alan Menken and lyrics and a book by Howard Ashman.

The story follows a hapless florist shop worker who raises a plant that feeds on human blood and flesh.

Die blyspel speel af in die 1960’s in die vorm van swart komedie. Die musiek is dan ook kenmerkend met die 60’s se ‘rock and roll’ genre wat verskeie gewilde liedjies, insluitend Skidrow, bevat.

HSDA maak dié storie hulle eie vir twee aande en gaan dit vir ’n paar uur voel of jy in ’n teater sit, en beleef hoe ’n jong man ‘n groot verandering in ‘n dorp bring met katastrofiese gevolge.

Dit vertel die storie van Mnr. Mushnik, die eienaar van ‘n blommewinkel, wat sukkel om ‘n bestaan in Skidrow (‘n arm en agterstraat gebied) te maak. Hy het twee werkers wat vir hom werk en word gedwing om sy besigheid se deure toe te maak.

Seymour, ‘n lomp jong man, wat vir hom werk, stel voor dat hulle ‘n vreemde plant aan die kliente bekendstel en so kyk of dit dalk die besigheid kan oop hou. Audrey, ‘n jong meisie wat deur haar kêrel geslaan word, wat daar werk, ondersteun Seymour se voorstel.

Die winkel kry dadelik 100% verbeterde verkope en alles gaan goed of is dit goed?

Verskeie mense kry op hulle eie te doen met Seymour en sy vreemde vleisetende plant. Waar gaan die nou beroemde Seymour met sy plant opeindig?

Die musiekblyspel het op 14 September 1960 op Broadway geopen en uitverkoopte vertonings geniet. In 1987 word ‘n film van die blyspel gemaak met net soveel sukses.

Die blyspel word op 16 en 17 Augustus 2019 in die Boet Troskie-saal van Hoërskool De Aar opgevoer om 18:30