2019 Melodrama





MAMMA MIA





HSDA MELODRAMA UITVERKOOP!

Die Boet Troskie saal was op 12 September stampvol in afwagting vir die jaarlikse Melodrama. Die H/skool personeel het tot die redding gekom na die alombekende groep Mamma Mia duskant Kimberley gestrand is weens ʼn Kudu tref en trap.

Die dorp is steeds aan die gons toe die Karoofees 2020 kunstenaars, Early B en Dirk van der Westhuizen, ʼn handjie bysit om hierdie aand onvergeetlik te maak.

ʼn Spesiale dankie aan die gehoor. Alle leerders, ouers en kykers van die dorp en omliggende gebiede.

Sien jul volgende jaar weer!



Mnr Evelyn Botha het as seremoniemeester opgetree



Die Melodrama word elke jaar afgesluit met die bekende lied: "Ons vir jou Suid-Afrika" Dit was egter baie spesiaal hierdie jaar toe die hele gehoor hul selfoonflitsies aangeskakel het tydens die sing van die lied.



Personeel voer "Dancing Queen"



Mamma Mia Closing



Dames en mnr. Koen (Biggy)



Mamma ek wil ʼn man hê



Al die akteurs - HSDA personeel