Novels Me HSDA





NOVELS MEJ. HSDA – WINTERWONDERLAND

Op Donderdag, 18 Maart was HSDA se glansgeleentheid – Mej. HSDA soos oudergewoonte in die Boet Troskiesaal aangebied.

Al tien finaliste het asemrowend gelyk en het behoorlik die gehoor aan die gons gehad. Ongelukkig kon al 10-dames nie met ʼn titel wegstap nie, maar dit beteken geensins dat hulle dit nie geniet het nie.





Die beoordelaars het die tien finaliste op grond van die volgende kategorieë beoordeel:

Tema kategorie: Hier het die dames met hul eie ontwerpte masker geloop.

Sportdrag: Dames was trots geklee in Novels se sportuitrustings.

Formele drag: Elke dame het ʼn aandrok gedra.

Titels/ pryse verwerf:

  1. Mej. Persoonlikheid: Nomahlubi Nel

  2. Mej. Bemarking: Solmeray Hussein

  3. Mej. Tema: Neveleigh West

  4. Mej. Fotogenies: Solmeray Hussein

  5. 2de Prinses: Megan Gadney

  6. 1ste Prinses: Shanel Jansen van Rensburg

  7. NOVELS MEJ. HSDA – Nomahlubi Nel

Ons wil ons lojale borge hartlik bedank. Sonder julle sou hierdie aand nie moontlik gewees het nie.