Lime Acres



ANDRé Theron leerder van HSDA het die naweek van 3 tot 4 Oktober aan die eerste Gholf Toernooi vir die 2020/21 seisoen deelgeneem. Die toernooi was gespeel op Lime Acres se gholfbaan. Hulle het Saterdag 36 putjies en Sondag 18 putjies gespeel. André het met rondtes van 84, 84 en 78 gesamentlik 5de geëindig, uit die 32 kinders wat aan die toernooi deelgeneem het.