Pixley ka Seme





HSDA NETBAL 2020

Op Saterdag 14 Maart neem agtien van ons spelers aan die Pixley ka Seme netbalproewe op Prieska deel. Veertien spelers word gekies om in April aan die Diamante proewe deel te neem.

Baie geluk aan die volgende spelers:

0.18 Bronwyn Louw en Nevelleigh West

0.17 Anganathi Mphale, Mary-Ann Tokwana en Stephnie Douw

0.16 Luphelo Mkosana en Noluvu Tybosch

0.15 Karla Dumas, Elisca Bester, Imiinathi Cube, Laurentia Olifant en Leigh –Ché Swarts

0.14 Ro-Grasha Leeuskieter en Alexa Appolis

Tydens die fees speel ons spanne ook teen HS Vaalharts.

Omdat daar soveel van ons spelers Saterdag weg was met die proewe, het die eerst span reeds op Vrydagaand die naweek se sportverrigtinge begin.

Met die volgehoue ondersteuning van die toeskouers wat die meisies geïnspireer het speel hulle al beter soos wat die wedstryd vorder en slaag hulle daarin om te wen.

Saterdag durf ons uitgedunde 0.17, 0.15 en 0.14 spanne hul opponente met geesdrif aan. Slegs die 0.17-spa kon daarin slaag om te wen.

Ons is trots op ons spanne.