2022 Rugby teen Hoërskool Colesberg





HSDA se eerste rugbyspan het Maandag 27 Mei teen Hoërskool Colesberg op Colesberg gespeel.

HSDA het ’n stadige begin gehad en Colesberg het binne die eerste paar minute van die wedstryd agter die doellyn gaan kuier.

HSDA het mooi teruggeveg en het halftyd 17-5 voorgeloop.

HSDA het die tweede helfte baie goeie aanvallende rugby gespeel en slaag daarin om die wedstryd 43-5 te wen.