2022 Rugby teen Hoërskool Douglas





0.19 RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het Saterdag 21 Mei teen Hskool Douglas gespeel.

HSDA het die eerste helfte goed begin en Douglas baie onder druk geplaas.

HSDA het Douglas se foute uitgebyt en met rustyd 15-14 voorgeloop.

HSDA het met goeie aanvallende rugby die tweede helfte begin en die voorsprong gerek na 34-14.

Douglas het baie hard teruggeveg en ’n doelskop wat aan die einde van die wedstryd gemis is, laat HSDA die wedstryd 34-33 wen.