2022 Rugby teen Hoërskool Hartswater





“Meneer trap die petrol dat ons vinniger na Hartswater kan ry...”

Tasse gepak, skoolbusse staan reg en almal is in ’n opgewonde gees vir die groot tog na die Noorde op Dinsdag, 26 April

27 April, Vryheidsdag, neem HSDA aan ’n groot sportdag te Hartswater deel. Die onder 15B-rugbyspan van HSDA speel ’n harde wedstryd teen Hartswater. Al was die eindtelling 19-10 in die guns van Hartswater, het HSDA se onder 15B-rugbyspan hard gespeel tot die eindfluitjie geblaas het. Punte is aangeteken deur Myron Maclean en Marnu Deysel. Spelers van die wedstryd was Myron Maclean en Thando Bhili.

0.19 RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het ook teen Hoërskool Hartswater gespeel.

HSDA het eerste afgeskop en HSH onder druk geplaas van die begin af. HSH wat ’n baie groot voorspeler pak het, het gebruik gemaak van hulle en voor halftyd ’n drie gedruk.

HSDA het die tweede helfte goeie aanvallende rugby gespeel en HSH laat verdedig vir ’n baie lang tyd. Ongelukkig met drieë wat nie verdoel is nie en geleenthede wat nie benut is nie, verloor HSDA die wedstryd 32-20.

Ons is trots op die span wat baie goeie karakter gewys het in die wedstryd.