2022 Rugby teen Hoërskool Prieska





0.15 RUGBY

Die afgelope naweek het die 0.15 rugbyspan van De Aar op Prieska teen HSP gespeel.

Dit was ʼn harde hoë tempo wedstryd. HSDA slaag daarin om 7-5 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Hulle speel die naweek 21 Mei tuis teen Douglas om 09:00

Kom ondersteun ons rugby!

0.19 RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het op 14 Mei teen Hskool Prieska kragte gemeet.

HSDA het goed begin en vroeg in die wedstryd agter Hskool Prieska se doellyn gaan kuier.

Hskool Prieska het alles probeer, maar HSDA se verdediging het goed gehou en rustyd was die telbord in HSDA se guns 19-0.

HSDA het baie onnodige foute gemaak in die tweede helfte en Hskool Prieska het dit baie goed uitgebuit.

HSDA het baie hard gewerk aan die einde van die wedstryd om te sorg dat Hskool Prieska nie verder punte aanteken nie.

HSDA slaag daarin om die wedstryd 34-26 te wen.

Ons is trots op hierdie manne!