2025 Eskom Ekspo/Expo





ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS

Op 16 Augustus breek die groot dag uiteindelik aan!

HSDA se leerders is reeds vanaf Februarie besig om hul projekte vir die Wetenskapkompetisie gereed te kry wat hul probleemoplossings en krietiese denke ontwikkel.

Vanjaar is daar sestien projekte ingeskryf en al sestien wen medaljes!

Ons leerders het hul dus baie goed van hulself gekwyt en hul het die beoordelaars behoorlik beïndruk.

Jan-Hendrik Viljoen en Swazi April kry brons medaljes. Lumieke Fourie, Mac-Kayla Kriel en Lilitha Qayi wen silwer.

Ons verower altesaam elf goue medaljes (met twee daarvan wat bo 90% bereik het).

Anri du Preez het ‘n apparaat ontwikkel wat jou pille op die regte tyd (en met die regte hoeveelheid) vir jou laat kry en Celeste de Clerk het eko-vriendelike-isolasie vir huise uitgetoets.

Die volgende nege projekte het bo 80% behaal:

Veronica Matekwa, Zimbonge Adonisi, Llené Festus, Alda Augustyn, Patrick Kitengye, Abijah Greyling, Johandré Barkhuizen, Mbuyiselo Madyo en Adriano en Marco de Carvalho.

Ons het ook drie Kategorie wenners gehad:

In die Plantwetenskappe was Johandré die beste presteerder, in die Omgewingswetenskappe kategorie het Celeste die prys gevat en in die Ingenieurswetenskappe het Anri met die louere weggestap.

Hierdie uitstekende uitslae verseker dat HSDA aangewys word as die bes presterende skool in die Kimberley streek in die ekspo.

Mnr. Johan Hattingh word ook aangewys as die beste onderwyser en ontvang ‘n sertifikaat van erkenning vir sy werk as distrik ekspo koordineerder.

Na ‘n lang, uitputtende dag het daar egter ‘n groep vrolike, gelukkige en suksesvolle leerders die bus terug De Aar toe gehaal...



Spesiale Toekennings:

Mnr. Johan Hattingh – Best Performing Teacher Award & Certificate of Appreciation as District Expo-koördineerder

HSDA– Best Performing School Award



Eskom Expo 2025

Ons is ongelooflik trots op al ons leerders en personeel wat hierdie jaar puik presteer het by die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes!

Bronswenners: Jan-Hendrik Viljoen, Swazi April

Silwerwenners: Lumieke Fourie, MacKayla Kriel, Lilitha Qhayi

Goudwenners: Bo 90%: Anri Du Preez, Celeste De Clerk

Tussen 80–89%: Veronica Matekwa, Zimbonge Adonisi, Llené Festus, Alda Augustyn, Patrick Kitengye, Abijah Greyling, Johandré Barkhuizen, Adriano en Marco De Carvalho, Mbuyiselo Madyo

Kategorie-wenners:

Omgewingswetenskap: Celeste De Clerk

Plantewetenskappe: Johandré Barkhuizen

Ingenieurswetenskap: Anri Du Preez