Alles oor ons/All about us





Hoër Skool De Aar High School

De Aar High School strives to maintain healthy discipline consisting of a balance of rules, regulations, prescriptions and customs on the one hand, and even handedness, fairness and humanity on the other.

The continued maintenance of this successful recipe will create a future climate wherein De Aar High School as institution can ensure effective tuition, education and training.

Wat is dissipline?

Die woord dissipline asook die woord dissipel kom van die Latynse woord “discere”, wat “om te leer” beteken.

Dissipline beteken dus eintlik om te lei, of af te rig.

Dit behels die vorming van die kind se karakter in sy totaliteit, deur goeie gedrag aan te moedig en onaanvaarbare gedrag reg te stel.

Dissipline is alles wat ’n opvoeder vir die kind doen of sê om hom op die pad na volwassenheid te begelei.

Straf is maar net ’n tydelike maatreël van dissipline; ’n korttermynreël om die kind van verkeerde optrede te weerhou.

Om te dissiplineer, beteken om op te voed.

Doelwit met dissipline

  1. Om die leerders tot verantwoordelike, selfstandige besluitneming op te voed. In hierdie proses moet die skool en die ouerhuis dinamies saamwerk.

  2. Om ’n sterk pligsbesef by die leerders te kweek en aan te moedig, aangesien daar ‘n baie nou verband tussen pligsbesef, onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.

  3. Hierdie stelsel word met inagneming van die skool en gemeenskap se behoeftes geïmplementeer. Die primêre doel is om ’n gees van samewerking tussen onderwysers, leerders en ouers te skep en ’n skoolomgewing daar te stel waarbinne gesonde dissipline en gesag kan seëvier.

  4. Nog ’n doel is om ’n klimaat te skep waarbinne elke leerder hom/haar verbind tot die nakoming van skoolreëls en die weerhouding van ernstige wangedrag.

  5. Om ’n aanvaarbare meganisme daar te stel om morele, sosiale en juridiese gedrag by leerders te bevorder.

  6. Om ’n eenvoudige wyse van optrede teen leerderoortreders deur die toepaslike gesagstrukture, te bewerkstellig.

  7. Om die onvolwasse leerder deur leiding, kennis en teregwysing te lei tot verantwoordelike volwassenheid.

In B. Boshoff se boek, Die Adolessent (1982) p.18, beskryf sy die adolessent as “Iemand wat na iets heen ontwikkel.

In hierdie geval na volwassenheid” en sê voorts dat “...die aantal jare wat die jongmens biologies en kultureel as adolessent beskryf word, strek van ongeveer 12 tot 22 jaar.”

Die suksesvolle implementering van ’n dissiplinêre strategie verg dat daar op drie kritiese aspekte gefokus moet word, naamlik:

1. LEERDERS

1.1 Gedragskode

1.2 Skoolreëls

1.3 Ontwikkeling van ’n skooltrots

1.4 Die voortdurende betrokkenheid van die leerders

2. PARENTS

2.1 Code of Conduct

2.2 Effective communication/flow of information

2.3 Acceptance of co-responsibility