2025 Spelkompetisie





WOW-spelkompetisie:



HSDA-leerder dring deur na nasionale WOW-spelkompetisie

Vyf van HSDA se leerders het op 6 September aan die derde (provinsiale) rondte van die WOW-spelkompetisie deelgeneem.

’n Groot hoogtepunt was dat Celeste de Clerk (gr. 10 – Afrikaans) deurdring na die nasionale kompetisie, wat op 11 Oktober in Stellenbosch plaasvind.

HSDA is trots op haar prestasie en wens haar sterkte toe vir die volgende rondte.





HSDA-leerders blink uit by WOW-spelkompetisie

Op Saterdag 23 Augustus het ’n groep leerders van HSDA aan die distrikspelkompetisie (WOW) deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende leerders wat onder die top vyf geëindig het in hul onderskeie grade en tale.

Hierdie prestasie verseker hulle deelname aan die provinsiale kompetisie wat op 6 September in Upington plaas sal vind.



vlnr:

Graad 8 Engels: Kozangawe Kampi – 5de plek.

Graad 9 Afrikaans: Kenya Clarke – goud, Celeste de Clerk – brons, Graad 10 Afrikaans:Marco de Carvalho – goud; Graad 9 Engels: Asandiswa Malawana – 4de plek



WOW- Spelkompetisie

Op Saterdag, 2 Augustus het ’n groep leerders van Hoërskool De Aar (HSDA) aan die Emthanjeni-streekspelkompetisie deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende leerders wat onder die top vyf in hul onderskeie grade en tale geëindig het. Hierdie uitblinkers dring nou deur na die Distrik-kompetisie, wat op 23 Augustus sal plaasvind.

Graad 8 Engels: Kozangawe Kampi – Brons

Graad 9 Afrikaans: Kenya Clarke – Brons

Graad 9 Engels: Lydia Lere – Silwer, Asandiswa Malawana – Vyfde plek

Graad 10 Afrikaans: Marco de Carvalho – Goud, Celeste de Clerk – Brons

Ons is ongelooflik trots op julle! Sterkte met die volgende rondte!