2025 Matriekuitslae







HSDA Matriekuitslae - Taaldepartement Skitter!

HSDA se matriekklas van 2025 het sy slagspreuk gestand gedoen: Ons mik hoër!

HSDA is tweede beste in Pixley Ka Seme met ‘n slaagsyfer van 97,5%. Vier van ons leerders is na die Noord-Kaap se Toekenningsseremonie genooi – ons is baie trots op hul toekennings!

Ons moet ook noem dat slegs ses leerders uit Pixley genooi was, waarvan vier uit HSDA! Verder het vier van ons leerders A-gemiddeldes en 10 het ‘n gemiddelde B-simbool behaal.

66% of learners qualify for Bachelor Degree Studies - quite an astonishing high percentage.

Laasgenoemde is voorwaar ‘n hoë persentasie - aangesien dit ‘n refleksie is van die hoë standaard van onderrig wat hier plaasvind.

Ter opsomming:

  • 4 A-gemiddelde

  • 10 B-gemiddelde

  • 64 vak A’s

  • 91 vak B’s

We are especially proud of Jean-Mari Lombard and Daniellen Abbot who are both first in the Northern Cape for respectively English Home Language and Afrikaans Huistaal.

De Aar High School realised that Language is a huge barrier for many learners and hence the school focusses on sound language learning and teaching, from grade 8 – 12.

Daniellen se raad aan die graad 12-klas van 2026 is: “Hierdie is jou geleentheid om voetspore te los. Gee jou beste, hê selfvertroue en mik hoog!” Nelson Mandela’s words encouraged him: “It always seems impossible until it is done!”

Jean-Mari, met haar eerste plek vir Engels in die Noord-Kaap, meld dat sy gefokus het op die leerwerk van Tale, veral die voorgeskrewe werk en gedigte.” She walked the extra mile and exposed herself to the content as often and wide as possible.

Learners often have the misconception you cannot study for Languages. Read additional sources, visit websites and familiarise yourself with the content. It will bear fruit, according to Jean-Mari.

Farren Duthie het ‘n gemiddeld van 86% en ons is voorwaar trots op haar.

Sy is genooi na die Noord-Kaap se toekenningsseremonie en staan vyftiende in die Noord-Kaap! Wat ‘n prestasie! Haar raad: “Moet nooit in kompetisie met ander probeer floreer, of jou self geringskat nie!

Sit die Here eerste en gee jou hele alles om jou volle potensiaal te bereik…net dalk raak jy aan die randjie van ‘n wolkie wat jy gedog het onbereikbaar is!”

Rico van Heerden is ook genooi na die Toekenningsseremonie en is algeheel tiende in die Noord-Kaap! Hy het ook ‘n gemiddeld van 86% behaal!

Rico se advies is doodeenvoudig: “Werk Hard! Werk voluit agter toe deure - aande is reeds lank, maar leer nog ‘n ekstra 30 minute!” Verder noem hy, dat die jaar in ‘n oogwink verbyvlieg!

Dus: “Koester elke oomblik en elke laaste”. Rico noem tereg, dat die Matriekklas van 2025 groot skoene agter gelaat het, wat die Matrieks van 2026 moet volstaan.

Hy is vol geloof dat jul presies dit (en meer!) kan doen.

Nicole Afrika is ons derde A-gemiddeld met 83%. Uitmuntend! (…in ag genome dat sy agt vakke gehad het en boonop, as hoofmeisie, baie ekstra verantwoordelikhede daarmee saam gehad het).

Daniellen Abbot het ook ‘n gemiddeld A met 82%! Hy is genooi na die Noord-Kaap Toekenningsseremonie en het die eerste plek in die Noord-Kaap ontvang vir sy prestasie in Afrikaans Huistaal.

Ons is ook baie trots op die 10 leerders wie ‘n B-gemiddeld behaal het. Dit wil gedoen wees!

Hulle is: Sibusiswe Sam (79%), Dawson Jonker (78%), Chloe Jonker (76%), Jean-Mari Lombard (76%), Vida-Zhara Smiles (75%), Elrisa Truter (75%), Charlize Barnard (74%), Zanri Dumas (73%), Jaybee Mateus (73%) en Henrico Fourie (71%).

We are extremely proud of each matriculant who utilized the opportunities that De Aar High School offered and who performed at their personal best. It saddens our heart to have learners who were unsuccessful, however, this proves that each individual and their parents still have a huge responsibility towards their own success…

We also have to emphasise the importance of selecting the right subjects – from the start! Parents force learners to continue with subjects in which they underperform. From grade 11 it becomes a complex dilemma to change subjects and you fall behind.

Choosing the suitable subjects for you as an individual, is crucial. Parents must be involved in their child’s life and notice when he/she underperforms with the new subject choices, in grade 10 already.

Benewens die feit dat HSDA toegerus is met ‘n span professionele en hardwerkende onderwysers, is die eindresultate egter nie net geskoei op wat in die matriekjaar gebeur nie.

Ons bedank dus ook die laerskole, wat ‘n grondslag lê asook elke ouer en voog wie ondersteuning en liefde gebied het tydens hierdie leerders se skoolloopbane. HSDA besef ons is ‘n breër gemeenskap en netwerk.

HSDA sal, oudergewoonte, hoog mik in 2026 - op sport-, kultuur- sowel as akademiese vlak. Ons sal aanhou met die ontginning van potensiaal en skep van geleenthede, tot die voordeel van elke individu, wie dit wíl aangryp en benut.

Ons kan u verseker dat ‘n uiterse hoë standaard van akademie gehandhaaf word hier by Hoërskool De Aar.

As u en u kind saamwerk, kan ons hoog vlieg! ...selfs nog hoër en hoër, jaarliks! Ons sien uit na ‘n 100% slaagsyfer met die 2026 Matriekklas.



Jean-Mari Lombard

1ste in NK vir Engels Huistaal



Daniellen Abbot

1ste in NK vir Afrikaans