2022 Eskom Ekspo/Expo





ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS

Na twee jaar waarin die kompetisie slegs aanlyn plaasgevind het kon ons Saterdag weer in Kimberley saamkom en deelneem.

Leerders se projekte is eers aanlyn beoordeel, maar Saterdag het die leerders die beoordelaars ontmoet om met hul onderhoude te voer en te verduidelik hoe hul, hul projekte aangebak het.

Sewe van ons leerders het deelgeneem en almal baie goed gevaar.

Lilandie Coetzee wat waterstof met huishoudelike produkte vervaardig het ontvang ʼn Sertifikaat van Meriete.

Ons twee bronsmedalje wenners is Anri du Preez en TC Markgraaff. Anri het ʼn sonoond gebou en TC het sellulose uit sigaretstompies vervaardig wat hy wil gebruik om materiaal vir matrasse te maak.

Welmy Erasmus bou ʼn apparaat waarmee skape gelyktydig gemerk, getel en geënt kan word en dus baie tyd spaar. Sy verower ʼn silwer medalje en die prys vir die beste projek in die Landbou-afdeling

Vuyisa Mata verower ook silwer met haar projek waar sy energiedrankies gebruik het om selfone te laai.

Antoné Menne verower ʼn goue medalje met haar projek wat skaapmis gebruik om vir informele nedersetting brandstof vir hul vure te verskaf. Sy kry ook die Spesiale Eskom prys vir die beste Energieprojek.

Jaco-Erik van der Merwe wen ook ʼn goue medalje met sy projek “Alien fuel”. Hy het Prosopispeule gebruik om bio-brandstof te vervaardig waarmee hy ʼn ekologiese en ʼn energieprobleem kan verbeter. Hy kry ook die prys vir die beste Ingenieursprojek.

Leerders het baie ondervinding opgedoen en nuwe vriende met ander deelnemers gemaak.

Eskom het hulle ook lekker bederf met ʼn Burger King ete.



HSDA leerders vaar baie goed tydens die Eskom Expo.

Inlas: Antoné Menne – goue medalje en Eskom prys vir die beste Energieprojek,

Anri du Preez – brons, Welmy Erasmus – silwer en die prys vir die beste projek in die Landbou afdeling,

Vuyisa Mata- silwer, TC Markgraaff – brons, Lilandie Coetzee – Meriete sertifikaat

Agter: Jaco-Erik van der Merwe goue medalje en prys vir die beste Ingenieursprojek.