2020 Matriekuitslae





HSDA MATRIEKS PRESTEER UITSTEKEND!

Wat ʼn ongewone jaar was dit nie vir die klas van 2020? ʼn Jaar wat gewoonlik gevul is met mylpale en kleurvolle seremonies, was toe totaal ongewoon en anders. Maar die klas van 2020 het hierdie uitdagings getrotseer en selfs bò dit uitgestyg.

Talle matrikulante het van verligting gesug nadat die senutergende gewag vir die klas van 2020 verby is. Die matriekuitslae is op Dinsdag 23 Februarie 2021 landswyd bekendgemaak.

Hoërskool De Aar is baie trots op die matriekklas van 2020 se uitslae. Die NSS–eksamen midde in die COVID-pandemie het groot uitdagings aan hierdie klas gestel, wat hul suksesvol oorkom het. Die matriekklas het ʼn 96% slaagsyfer behaal terwyl 73% van die 77 leerders vir verdere graadstudies kwalifiseer. Agt leerders Johan Duvenhage, Montelle April, Cara Clark, Pamela Nxala, Améy Duvenhage, Anlie Human, Dugan Brown en Leslie du Plessis het puik presteer en spog met ʼn gemiddelde A-simbool.

Agt leerders het ʼn B-simbool behaal: Clodelle Menne, Buhle Vumazonki, Zimbini Jacobs, Khazimla Bodlani, Ogiya Madyo, Christiaan Kolesky, Chezlyn Dooling, Abigail Johnson.

Hoërskool De Aar het sterk oorheers by die Uitnodigingsgeleentheid.

Ons leerders behaal 6 van die Top 10 plekke tydens die Pixley Ka Seme Toekenningsgeleentheid.

Ons skool behaal ʼn tweede plek in die streek. Hierdie is voorwaar ʼn besonders merkwaardige prestasie vir ons plattelandse skooltjie.

HSDA leerders se prestasie in volgorde in Pixley ka seme Distrik: Johan Duvenhage 2, Montelle April 3, Cara Clark 6, Pamela Nxala 7, Améy Duvenhage 9, Anlie Human 10de.

Ons kan dus trots HSDA sê: 60% van die streek se toppresteerders kom uit ons skool!



HSDA se hoofseun, Johan Duvenhage het uitmuntend presteer met 6 vak A’s en ʼn gemiddeld van 84%. Hy is die seun van Theuns en Marlene Duvenhage.

Toekomsplanne: Wil Meganiese Ingenieurswese studeer by Potchefstroom.

Rede vir sukses: Ek begin daagliks met die Woord van God en gebed. Daar vra en vertrou ek God vir raad en wysheid vir die dag. Daarmee saam het ek hard gewerk. Altyd my beste gedoen en altyd mooi gefokus in die klas en as ek geleer het vir toetse en eksamens. Ek het ook baie ou vraestelle deurgewerk en dan natuurlik baie ondersteuning van my onderwysers en familie, ontvang.

Boodskap aan Gr 12’s van 2021: Stel die Here en Sy Woord eerste in jou lewe en jy sal beslis hoë hoogtes bereik. Gee altyd al die eer aan die Here. Werk hard in die klas en deur die kwartaal, dan sal die eksamens altyd makliker wees. Probeer om altyd jou akademie bo sport en selfs kuiers met jou vriende te stel. Onthou daar sal altyd weer ‘n geleentheid in sport kom of om met jou vriende te kuier, maar as ‘n slegte punt eers gekom het, kan jy dit nie verander nie. Jy moet dan baie harder werk om jou doelwitte weer te bereik. Geniet jou matriekjaar en doen alles voluit!



MONTELLE APRIL behaal 6 vak A’s en ʼn gemiddeld van 83%. Hy is die seun van Mountain en Jolan April.

Toekomsplanne: Ek beoog om verder te gaan studeer vir die volgende paar jaar en om ook ʼn sukses daarvan te maak.

Rede vir sukses: As gevolg van ons Hemelse Vader wat my die krag gegee het kon ek elke dag gedissiplineerd en getrou gebly het teenoor my skoolwerk.

Boodskap aan die Graad 12’s van 2021: Wees getrou en gedissiplineerd teenoor jou skoolwerk. Wees onderdanig teenoor die skool se waardes: HSDA. Baie belangrik, onthou dat God deur alles deur daar is vir jou, so jy het geen rede om op te gee wanneer jy voel dat jy nie meer kan uithou nie.



CARA CLARK obtained 5 subject As and an average of 83%. She is the daughter of Nicholaas and Astrid Clark.

Future plans: To study BSC in Forensic Science at UFS in 2021.

Reason for success: Through prayer God gave me the strength to work dililently in order to ensure success.

Message to Grade 12s of 2021: The day you plant the seed is not the day you eat the fruit, but with hard work, discipline and patience you will indeed reap the fruits of your labour at the right time.



PAMELA NXALA obtains 5 subject As and an average of 83%. She is the daughter of Zuziwe en Siphiwe Nxala

Future plans: Become a surgeon and help save lives or become a chemical engineer and help make things better around the world.

Reason for success: Hard work and determination to reach my goals. My family and friends suppported me through it all.

Message to Grade 12s of 2021: Your matric results depend on you. Nothing and no one else play a role in determining your ups or downs. Work hard and give it your all, because your matric certificate is something you will carry for the rest of your life.



AMéY DUVENHAGE behaal 5 vak A’s en ʼn gemiddeld van 82%. Sy is die dogter van Theuns en Marlene Duvenhage

Toekomsplanne: BSc Veekunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Rede vir sukses: Eerstens kan ek my sukses net toeskryf aan God, want sonder Hom sal ek nooit sulke hoë hoogtes bereik het nie. Verder bedank ek ook my familie wat dag vir dag my ondersteun en aangemoedig het, asook die onderwysers van Hoërskool De Aar wat alles ingesit het om my te help.

Boodskap aan Gr 12’s van 2021: Vir elke matrikulant van 2021 wil ek net sê dat dit maak nie saak wat oor jou pad kom nie, gryp dit aan met albei hande en maak die beste daarvan. Julle het fantastiese onderwysers wat alles in hulle vermoë sal doen om te verseker dat julle gereed sal wees vir die eindeksamen. Gee alles en moenie dink jy weet hoe iets werk nie. As jy sukkel VRA VIR HULP!



HSDA se hoofmeisie, Anlie Human, behaal 6 vak A’s en ‘n gemiddeld van 82% dogter. Sy is die dogter van Willie en Elsa Human.

Toekomsplanne: Wil BAgric (gemengde plaasbestuur) by Universiteit van Vrystaat studeer.

Rede vir sukses: Harde werk regdeur die jaar en baie ure voor die boeke.

Boodskap aan Graad 12’s van 2021: Hou net moed. Maak nie saak wat die jaar vir julle inhou nie, geniet elke oomblik. Pak die uitdagings met ʼn 110% aan en onthou om te glimlag al het jy verloor.



Dugan Brown behaal 4 vak A’s en ʼn gemiddeld van 80%. Hy is die seun van Danny Brown.

Toekomsplanne: Politieke Wetenskap studeer by UCT

Reason for success: Dedication. Desire. Discipline. Determination.

Message to Gr 12s: “Happiness does not fall out of the blue and dreams will not come true by themselves”.



Leslie du Plessis behaal 3 vak A’s en ʼn gemiddeld van 80%. Sy is die dogter van Henk en Li-zette Wydeman.

Toekomsplanne: B-Ed Grondslagfase te gaan studeer, maar doen hierdie jaar ʼn “Gap-Year” onder die vaandel van die Victory Kerk in Jeffreysbaai. Sal dan sien waarheen die HERE my lei.

Rede vir sukses: Ek het maar net altyd probeer om my bes te doen, sodat ek nie later spyt sal wees oor wat kon nie!

Boodskap aan Graad 12’s van 2021: Bly gefokus selfs wanneer daar opdraandes kom. Jy sal die resultate daarvan kry. Probeer die beste van hierdie jaar maak! Wees net die beste jy en geniet dit!



Eintlik wil ons elke matrikulant by name hier gelukwens. Algeheel in Pixley Ka Seme, was Hoërskool De Aar tweede. Dit wys net weer hoe hierdie kleiner plattelandse, geborgenheid, in die grondslagjare, voldoende in jul ingebou het, om in tye van ʼn krisis, innerlik staande te bly. Die skole op hierdie dorp se leerders het innoverend teruggespring en bewys wat lê binne hul opgesluit.





Aan die klas van 2020: Dankie vir julle buigsaamheid en veerkragtigheid tydens die onvoorspelbare jaar. Julle moes oornag volwasse word en noodgedwonge probleme oplos – dikwels alleen en binne ʼn immer – veranderende omgewing. Julle het akademiese- en persoonlike uitdagings die hoof gebied. Dankie ook aan julle ouers/voogde vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die jaar.

Aan elke onderwyser van graad R tot 12: U elkeen het ʼn deurslaggewende rol in elke leerder se lewe gespeel. In die besonder ons graad 12 personeel wat in 2020 groot kopskuiwe met aanlyn en ander uitdagings moes maak. Aan al ons top presteerders en hul ouers, weereens baie geluk. Julle prestasies is prysenswaardig.

Hou hierdie klas van 2020 dop. Hul het vindingryk en veerkragtig uitgestyg en hul merk gemaak.

In ʼn uiters ongewone tyd, het ons matrikulante die uitdaging aanvaar en buitengewoon presteer.