2021 Matriekuitslae





HSDA Matrieks presteer weer!

Die matrieks van 2021 se resep was om bloot hard te werk en moed te hou.

Daar is geen geheime resep aan sukses anders as dat leerders elke dag hul kant moet bring, skool moet bywoon en moet luister in die klas. Die skoolhoof mnr Johan Koen se leuse lui dat matrieks nie eers in hul graad 12 jaar aan hul matriekpunte begin werk nie, maar reeds in graad 1. Hoërskool De Aar se matrikulante bedank dus elke onderwyser vanaf graad 1 tot graad 12.

Dit was weereens ‘n ongewone jaar vir skoliere, maar oor die algemeen het die Noord-Kaap provinsie beter gevaar as in die verlede. By HSDA, is matrikulante verlig en tevrede met hul uitslae.

Veral na die senutergende lang wagtydperk, voor uitslae bekend gemaak is, is matrieks ekstra verlig.

HSDA se 73 graad 12’s het ‘n slaagsyfer van 98,6%. Voorwaar ‘n prestasie gegewe die uiterste omstandighede. Ons kan wel sê dat hier by HSDA was hul deeglik voorberei en gereed vir die eindeksamens. Daar was ses gemiddelde B-simbole met Jeané Erasmus as Toppresteerder in ons skool.

Ons toppresteerders het hul suksesresep gedeel:



Jeané Erasmus, ons toppresteerder, meld dat dit vir haar ‘n moeilike jaar was, maar ten spyte daarvan het sy deursettingsvermoë getoon en haar oog op die eindstreep gehou.

Sy glo daar is geen kortpad na sukses. Haar boodskap aan die klas van 2022: JY KAN! … want HY KAN! Dit was toevallig ook die openingsboodskap van die skoolhoof aan die matriekklas.

Sy skryf die volgende woorde:

‘As jou hart te moedeloos hang en trane blink op jou wang, onthou jy kan.

As jou kop onseker is en jou vermoëns uitgeput is, onthou jy kan.

As jou pas verslap en vuur ontbreek in jou stap, onthou jy kan!

…want daar is ‘n bron in jou onbeperk – dis God wat in jou werk. HY KAN! ‘



Kayla Blom, hoofmeisie van 2021, benadruk dat leerders in hulself moet glo. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Ruim ook tyd in om te rus, maar moenie opgee nie!

She said that although the year was full of twists and turns, in no time the year runs out and then it is NSC examination.

Therefore, work hard from day one. She admits that it is necessary to have a good support system, since she would not have been able to do this without her parents, friends and believe system in God.

Angelique van der Walt, skryf haar sukses toe aan haar mentor, juf Koen en die res van die personeel.

Om ‘n doelwit te stel dryf jou en help daagliks om ‘n ‘beter’ jy te vorm. Sy skryf die koshuislewe hoog aan.

Dit help met studietye en roetines. Verder help buitemuurs en die sportveld ook om jou te ontwikkel.

Angelique motiveer elke matriekleerder van hierdie jaar om hoog te vlieg en te streef na die hoogste kranse.

Marlu De Klerk voel dat matrikulante nie 11 jaar se harde werk moet weggooi in die laaste pylvak nie.

Maak die laaste jaar die moeite werd en gee jou uiterste beste. Maar, geniet ook die aktiwiteit en aksie van matriek wees.

Hy het homself gedurig daaraan herinner dat hy besig is om te bou aan sy toekoms.

Michelle Louw, ook een van ons toppresteerders, skryf haar sukses daaraan toe dat die Hemel Vader genadig was en haar bygestaan het.

Verder, is sy opreg dankbaar vir haar ouers en onderwysers wat haar so ten volle ondersteun het.

Haar bemoediging aan die klas van 2022: Hou Moed! Werk hard en bly positief!

‘n Ander matrikulant, op wie ons besonder trots is, is Kobus van der Walt.

Soos sommige ander het hy ‘n besonderse moeilike jaar gehad, maar niks het hom ondergekry nie.

Hy glo om vraestelle uit te werk is noodsaaklik en deurlopend in die klas te luister.





Aan die klas van 2021: Julle het groot uitdagings gehad. Julle het ‘n klasmaat en geliefdes verloor, maar niks kon jul onderkry nie.

Julle was buigsaam en veerkragtig in ‘n onvoorspelbare jaar. Julle het die akademiese - en persoonlike uitdagings die hoof gebied, en probleme innoverend opgelos.

Van die skool se kant af bedank ons ook elke voog en ouer, elke onderwyser vanaf graad 1 en in besonder tydens graad 12.

Jul ondersteuning was deurslaggewend.

En matrieks van 2022: Ons hou jul dop. Hou HSDA se naam hoog.

Vlieg hoog en kom kuier spoedig by ons jaarlikse Kyto Karoofees.

En onthou: Jy kan… want Hy kan!