2023 Matriekuitslae



HSDA MATRIEKUITSLAE 2023

Die langverwagte uitslae van die matriekklas van 2023 het gemengde welslae meegebring.

HSDA is wel trots op elke matrikulant wie die talle geleenthede wat deur HSDA aangebied is, aangegryp en optimaal benut het.

Drie en sewentig leerders het matriek geskryf. Tesame is daar 17 A’s, 50 B’s en op hierdie leerders en elkeen wie sy kant gebring het, is ons voorwaar trots.

Ons is egter baie teleurgesteld oor die onsuksesvolle kandidate, alhoewel dit ‘n sterk boodskap moet uitstuur, aan die huidige matriekklas van 2024.

Onthou, sukses kom nie vanselfsprekend nie. HSDA bied en skep talryke geleenthede en ondersteuningsnetwerke, van berading tot gratis intervensie- en ekstra klasse, maar die onus bly op die leerder (en gedeeltelik) die ouer, om alles te benut en aan te gryp.

Ons vier top presteerders is: Amand Kitengye, Maryke Kruger, Prince Rajabu en Jaco Mouton

HSDA is vierde in die Pixley Ka Seme streek en het sewentien A-gemiddeldes in vakke, en vyftig B’s.

Amand: The big talent is persistence. It all starts from inside and I reached the point I wanted to be academically.

Maryke: Konstante harde werk, deursettingsvermoë en geloof is wat tot sukses ly. Jy moet jouself druk om te kom waar jy akademies wil staan.

Prince: If the ladder is not leaning against the right wall, every step we take just gets us to the wrong place faster.

Jaco: Deur net nog een keer te probeer kan jy enige iets laat gebeur.

HSDA is goed toegerus met hoogs opgeleide en toegewyde personeel.

Tog is die eindresultaat nie net danksy die matriekpersoneel nie, ons bedank dus almal wie insae gehad het, van die speelskooltjies, voorbereidingskool, laerskool en gemeenskap.

Daar is noodsaaklike grondslag wat deur ons gemeenskap gelê word en ons bedank vandag elke een.

Ons mik 2024 hoër en hoër!